The Vale Nuus

Sjoe, so baie het in die laaste paar maande gebeur, ek weet amper nie waar om te begin nie!

Ons is baie trots om te sê dat Pasella ‘n insetsel op ons 4×4 roete gedoen het wat aan die begin van die jaar uitgesaai is. Vir al die avontuurlustiges onder julle, pak daardie 4×4’e en kom geniet ons roete soos aanbeveel deur Pasella!

Dan het ons die manne van Photo’s of Africa hier gehad wat ‘n DVD insetsel oor The Vale gemaak het (soos gesien op ons ‘Homepage’) wat vir advertensie doeleindes gebruik gaan word. Dankie Chris en Christo, julle het fantastiese werk gedoen!

Verder het Heinrich du Preez hier by ons oornag om goed uit te rus voor hy ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het deur 18 putjies golf in al 9 provinsies binne 24 uur te speel – lees meer hieroor by Radical Golf.

Maart maand was die groot toevlug Kaap toe vir die Argus fietstoer, langnaweke en ‘n skoolvakansie het ons deur April gedra, Mei het die Jagseisoen begin en dis alreeds amper weer Junie!

Vir al die sokkergeesdriftiges – ons almal hou styf duim vas vir Bafana Bafana! Jip, dis moeilik om te glo maar die wêreldbeker sokker het al so te sê begin. Vir almal wat wil wegkom van die verkeer en geraas – nou is die ideale tyd om ‘n paar dae by The Vale te kom uitrus!

Verder moet julle so gou moontlik julle Desember vakansie se datums finaliseer – die besprekings vir Desember stroom in!

The Vale is nou ook op Facebook – sluit gerus by ons aan en deel julle ervarings, stories en foto’s op Facebook.  Daar sal ook van tyd tot tyd spesiale aanbiedinge geadverteer word wat slegs vir ons Facebook aanhangers beskikbaar sal wees.

En laastens: ‘n Gedeelte van die episode van die jeugprogram Which Way! wat Donderdag 17 Mei om 14:00 op SABC 3 uitgesaai word is by The Vale verfilm! As julle Donderdag se episode mis kan julle Saterdagoggend 29 Mei om 07:00 na die heruitsending kyk.

Dit was omtrent ‘n mondvol! Ons hoop om almal gou weer by The Vale te verwelkom, en kyk uit vir julle op Facebook!

Vriendelike groete
Die span by The Vale!

Leave a Reply